Vertaalprojek

’n Vertaalprojek is ’n projek wat hoofsaaklik die aktiwiteit van vertaling behels.

Uit ’n tegniese standpunt gesien, is ’n vertaalprojek nou verwant aan die projekbestuur van die vertaalproses. Maar uit ’n interkulturele standpunt beskou, is ’n vertaalprojek baie komplekser; dit word duidelik wanneer daar byvoorbeeld na Bybelvertaling of ander literêre vertalingsprojekte gekyk word.

Vertaaldeskundiges soos Antoine Berman verdedig die beskouing dat elke vertaler sy/haar eie vertaalprojek moet ontwikkel, daarby moet bly en later vertaalkritiek moet ontwikkel. Elke vertaler kn net aan sy/haar eie vertaalprojek getrou wees.[1]

  1. "Berman's approach to translation criticism in a given example" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op 21 April 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search